Nastergal-skonwiel

Louwarm skons met geklopte room en na- stergalkonfyt is die perfekte kombinasie.

In hierdie variasie het ek die nastergal in die skondeeg toegerol.

500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml elk kaneel, sout en strooisuiker 125 g koue botter, gerasper
1 ekstragroot eier
160-230 ml melk
Skeut suurlemoensap of asyn
180 ml nastergalkonfyt

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n 22 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit. Bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, bakpoeier, kaneel, sout en strooisuiker saam. Vryf die botter by die mengsel in tot krummelrig. Klits die eier, melk en suurlemoensap of asyn saam. Sny nou die eiermengsel bietjie vir bietjie met ’n mes by die meelmengsel in. Hou aan in- sny tot klam deegkrummels vorm wat aan mekaar vassit. Keer uit op ’n werkopper- vlak en druk die deeg bymekaar. Rol die deeg in ’n reghoekige vorm uit tot onge- veer 1 cm dik. Smeer die nastergalkonfyt egalig oor die deeg. Rol die deeg van die lang kant af op, soos ’n rolkoek. Sny die deeg in wiele van ongeveer 2,5 cm dik. Pak die skonwiele losweg teen mekaar in die koekpan. Bak vir 10-15 minute tot gaar. Sit louwarm voor met botter, ekstra nastergal- konfyt en kaas.

Lewer 5-6 porsies.

 

Resep & stilering:  Arina du Plessis

Fotografie: Lee Scwagele