Onderstebo-nastergal- kondensmelkpoedings

Hierdie maklike gebakte poedings word met kondensmelk en natuurlike jogurt gemaak en is nie oormatig soet nie. Maak individuele porsies, keer dit uit op bordjies en sit voor met roomys of vla.

Beslag

4 ekstragroot eiers, teen kamertemperatuur 1 blik (385 g) kondensmelk
250 ml dik, natuurlike jogurt
250 ml bruismeel  Knippie sout
90 ml gesmelte botter 240 ml nastergalkonfyt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 8 oondvaste bakkies goed met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Klits die eiers baie goed vir sowat 5 minute. Voeg die kondensmelk en jogurt by en klits goed. Voeg die eier-en-kondens- melkmengsel by die meel en sout en meng tot ’n gladde beslag vorm. Voeg die gesmelte botter by en meng goed. Skep 30 ml nastergalkonfyt in elke bakkie. Skep met ’n skoon lepel van die beslag bo-op tot elke bakkie amper driekwart vol is. Bak die poedings vir 30-40 minute tot net ferm. Haal uit die oond, maak die kante versig- tig los en keer uit op individuele bordjies. Sit voor met geklopte room, roomys of vla.

Lewer 8 porsies.

 

Resep & stilering:  Arina du Plessis

Fotografie: Lee Scwagele