Pannekoek met Heerlijk nastergal-jogurtroom

Vul pannekoek met n skep purper nastergal- konfyt en ’n lepel jogurtroom vir ’n vinnige, heerlike nagereg.

Pannekoek

310 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 5 ml strooisuiker Knippie sout

2 ekstragroot eiers
250 ml melk
250 ml water, plus ekstra indien nodig
30 ml elk brandewyn en suurlemoensap Olie, vir braai

Vulsel

250 ml room
60 ml versiersuiker, gesif
10 ml vanieljegeursel
125 ml dik, natuurlike jogurt 150-180 ml nastergalkonfyt

Meng die droë bestanddele vir die pannekoek saam in ’n bak. Klits die eiers, melk, 250 ml water, brandewyn en suurlemoen- sap saam en voeg by die droë bestanddele. Klits tot ’n gladde beslag sonder klonte. (Pannekoekbeslag moet so dik soos skink- room wees. As die beslag te dik is, voeg ’n bietjie water by en klits deur.) Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pannekoekpan en skep ’n groot lepel vol van die beslag daarin. Draai en kantel die pan tot die boom met beslag bedek is. Verhit tot borreltjies bo-op vorm en die pannekoek van die kant van die pan af loskom. Draai versigtig om en braai tot gaar aan die ander kant. Herhaal die proses met die res van die beslag. Gooi ná elke derde pannekoek weer ’n klein bietjie olie in die pan. Hou die pannekoeke eenkant warm.

Klits die room, versiersuiker en vanielje- geursel vir die vulsel saam styf en vou die jogurt daarby in. Smeer ’n eetlepel naster- galkonfyt op elke pannekoek, gevolg deur ’n groot lepel jogurtroom. Vou of rol op en sit dadelik voor.

Lewer 12 pannekoeke.

 

Resep & stilering:  Arina du Plessis

Fotografie: Lee Scwagele